book-icon Uitgawe Augustus & September 2019

Wat beteken minimalistiese ouerskap?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Bly julle skaars by met die nuutste leertoeps, toestelle en gesonde kos wat jul kind behoort te eet? Hol julle rond van die een ekstra les na die volgende sonder dat julle ooit regtig tyd het om net ’n gesin te wees? Probeer briek aandraai.

“Ons gesinslewe is deesdae tot barstens toe vol. Maar dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, jy bekommer jou steeds dat jy op die een of ander manier tekortskiet, en dat as jy die pas verslap, jy ’n einde maak aan jou kind se kans op … geluk, sukses of iets anders,” skryf Christine Koh en Asha Dornfest in hul boek Minimalist Parenting: Enjoy Modern Family Life More by Doing Less.

Dié skrywers sê moderne ouerskap is uniek as ’n mens dit met ouerskap in die verlede vergelyk – dink maar net aan die verskeidenheid opsies en die volume inligting waardeur ons elke dag in die gesig gestaar word. Eenvoudig gestel: Ons leef vinniger as ooit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees