book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Wiskunde deur speletjies: Maklik soos 123

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Wiskunde het vele fasette. Dit sluit ’n begrip van getalle en telvaardighede in, maar ook konsepte soos grootte, inhoud, gewig, hoeveelhede, patrone en die verhou­ding tussen dinge. Onderliggend aan wiskunde is ook vaardighede soos probleemoplossing, redenasie en die vermoë om die verband tussen sake raak te sien.

Die geheim daarvan om wiskunde vir jou kind lekker te maak is om haar te wys hoe om wiskunde in haar daaglikse lewe te gebruik. Dit sal haar ook help voorberei vir die wiskundige uitda­gings wat in graad 1 aan haar gestel sal word. Die ander belangrike geheim is om te sorg dat die wiskundige leerproses prettig en plesierig is, veral omdat sy dit in noue samewerking met een van haar ouers doen!

Jou kind is skoolgereed wanneer sy in staat is om getalle en die verhou­dings daarvan te herken, te beskryf en weer te gee. Sy moet met selfvertroue kan tel, skat, bereken en kontroleer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees