book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Wyse woorde

akkreditasie
Sunita en Andrew McDonald met Josh (5), Austyn (3) en Annalise (4 maande).
Sunita en Andrew McDonald met Josh (5), Austyn (3) en Annalise (4 maande).

Tussen happies koek en broodnodige koppies kafeïen deur luister ek onlangs na ’n vriendin wat vertel hoe haar lewe sedert haar baba se geboorte ’n algehele omwenteling ondergaan het.

Soos die meeste ma’s blameer sy nie haar kind vir haar moegheid, frustrasies of oorvol skedule nie – nee, dis haar man se skuld! (Iemand moet die skuld kry!) Hy gaan speel steeds naweke gholf en gaan steeds gimnasium toe terwyl sy hul baba 24 uur per dag versorg.

Sy eindig met ’n moedelose: “Ek weet nie wat van ‘ons’ geword het nie. Ons lewe by mekaar verby. Het jy raad?” Voor ek kan antwoord, verdwyn sy toilet toe om baba se doek te ruil en teen die tyd dat sy terugkeer, is haar koffie koud (hoe vinnig het ek nie die afgelope vyf jaar geleer om koue koffie af te sluk nie).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees