Neusie bly toe

akkreditasie
My 10 maande oue baba sukkel vreeslik met 'n toe neus. Ek weet nie of hy dalk allergies is vir iets nie, maar hy is verder heeltemal gesond. Wat kan ek hom gee? 

Dr. Jana Mostert, homeopaat, antwoord:

Toe neusies by klein babas kan deur allergene veroorsaak word wat ingeasem of saam met kos en melk ingeneem word. Algemene ingeasemde allergene sluit in troeteldierhare, huisstofmyte, vere en stuifmeel. Probeer troeteldiere uit jou baba se omgewing verwyder en suig sy bedjie en kussing gereeld met ’n stofsuier om van myte ontslae te raak. Kry ’n nuwe kussing en beddegoed as die huidige stel vere bevat. Beproef ook Hay F (Natura, mondelikse druppels) en Euphorbium (Heel, neussproei) om ontsteking in die neus te verminder.

Babas met toe neusies kan ook sensitief wees vir laktose in melk en gluten inkoring, hawermout, rog en gort. Dit help soms om albei uit te skakel as jou baba reeds vaste kos eet en formulemelk drink. Gee ’n week lank laktosevrye formulemelk om te kyk of daar ’n verskil is. As jou baba borsmelk drink, kan jy self ’n week lank glutenbevattendekos en melkuitskakel. As jou baba beter word, moet julle dan laktose en gluten heeltemal uitskakel.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees