V&A: Nommer twee 'n probleem

akkreditasie
My kleuterseuntjie is drie jaar oud en hou sy stoelgang terug. Hy gaan pieps soet, maar weier volstrek om toilet toe te gaan vir ’n stoelgang. Ek wil hom graag kleuterskool toe stuur, maar voel nie dis al moontlik nie. Wat moet ek doen? My kleuterseuntjie is drie jaaroud en hou sy stoelgang terug. Hy gaan pieps soet, maar weier vol strek om toilet toe te gaan vir ’n stoelgang. Ek wil hom graag kleuterskool toe stuur, maar voel nie dis al moontlik nie. Wat moet ek doen?

Dr. Gerrit de Villiers antwoord:

Ek wil jou gerusstel dat jy nie alleen indie situasie is nie. Ek hoop om raad te gee wat kan help.

Dis belangrik om hom sover te kry om wel op die toilet of potjie te sit. Baie kinders is bang dat hulle in die toilet gaan val. Maak dus seker dat sy voete op iets rus (soos ’n krat) of gebruik ’n potjie wat op die grond staan. So sal hy veilig voel as hy sit. Probeer om hom sover te kry om ná etes op die toilet te sit – sowat 15 minute ná ’n ete vir sowat vyf minute. Lees in dié tyd vir hom ’n storie sodat hy stil sit.

Probeer sy gedrag positief versterk. Maak dus ’n groot ophef daarvan as iets in die toilet gebeur. Bel sommer vir ouma en pa. Moet niks negatiefs sê as niks gebeur nie. Bly positief en moenie baklei nie.

Sommige kinders word hardlywig as hulle hul stoelgang terug hou. As sy stoelgang dus harder as vensterstopverf(putty) is, gee elke dag ’n lakseermiddeltot sy stoelgang ’n paar dae lank gereeldsag is. Raadpleeg jou dokter as dit langeras ’n paar dae duur voor dit sag word.

Sommige kinders met dié probleem moet geleidelik gehelp word om dit eers in hul doek op die toilet te doen, dan met ’n los doek op die toilet en dan sonder ’n doek!

Dan is daar natuurlik ander kinders wat nie by die huis op die toilet wil sit nie, maar dit by die speelskool doen wanneer hulle sien al die ander kinders gaan toilet toe. Ek hoop die raad help en hy kom gou reg.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees