V&A: Raad vir bloukolle

akkreditasie
My tweejarige peuter is gereeld vol stamp- en valplekke en blou kolle. Ek weet dis maar deel van speel en peuter wees, maar wat kan ek gebruik om die sweilling te laat verdwyn?

Dr Jana Mostert (homeopaat) antwoord:

Enige room wat Calendula-ekstrak bevat, soos Natura se All Heal-room, is baie nuttig om plekkies te behandel waar die vel stukkend is. Calendula genees die vel en voorkom infeksies. Wend drie maal daagliks aan.

Arnika-olie of -room help waar daar swelling is, maar die vel nie stukkend is nie. Arnika moet nooit op stukkende vel aangewend word nie. Wend drie maal daagliks aan. Arnika in homeopatiese per-mond-formules, soos Traumeel van Heel, help vir blou kolle en swelling en kan gebruik word pleks van Arnika-olie as die vel stukkend is. Gee een suigtablet vier maal daagliks.

’n Rescue Remedy-kombinasie help om die skrik van ’n groot val gou te laat verbygaan. Gee een tablet of tien druppels direk ná die val en dan weer ná 10 minute indien nodig.

Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees