Weg met urienweginfeksie

akkreditasie
My driejarige kry gereeld urienweginfeksie. Is daar middels wat dit kan help voorkom, of iets wat help dat sy dit nie so gereeld kry nie? Watter homeopatiese middels kan help? 

Dr. Jana Mostert antwoord:

Blaasinfeksies kom meer gereeld by klein dogtertjies voor as by klein seuntjies. Struktureel is dogtertjies se uretra (die pypie wat van die blaas na buite strek) korter, wat die afstand wat bakterieë moet aflê om die blaas van buite die liggaam te bereik, korter maak.

As daar op die toilet van agter na voor afgevee word, kan bakterieë van die spysverteringskanaal ook makliker in die blaas beland en infeksie veroorsaak. Die korrekte afvee tegniek kan blaasinfeksies dus help voorkom.

Blaasinfeksies kan help voorkom en ook behandel word deur pietersielietee te drink. Pietersielie is maklik bekombaar en bevat antibakteriële bestanddele wat spesifiek in urien uitgeskei word. Pietersielie het ook ’n krampwerende uitwerking op die blaas, wat help met pynverligting gedurende ’n blaasinfeksie. Laat ’n teelepel gekapte vars pietersielie in pas gekookte water week tot die water louwarm is. Gee jou driejarige elke dag 100ml voorkomend en 100ml drie maal per dag terwyl sy ’n urienweginfeksie het.

Cantharis en Berberis is twee homeopatiesemiddels wat uitstekend vir blaasinfeksie werk. Albei is bestanddele van Natura se Urina-mengsel. Gee vyf druppels van elk (of Urina-mengsel) vier maal per dag vir akute blaasinfeksie.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees