Polisistiese ovariumsiekte is ’n chroniese toestand wat vroue in hul vrugbare jare aantas. Hul eierstokke vervaardig meer androgene (’n manlike hormoon) as die eierstokke van ander vroue.
Alle vroue vervaardig androgene, maar vroue met PSOS vervaardig so baie daarvan dat dit die ontwikkeling en die vrystelling van eiertjies aantas.
Die eierstokke van ’n vrou met PSOS vervaardig onvolwasse eierfollikels. Pleks daarvan dat die eiertjies ryp en vrygestel word, ontwikkel klein siste in hul plek. Dit is waar die toestand sy naam kry: ”polisisties” beteken ”baie siste”.