Is Rescue Remedy veilig?

akkreditasie
Is dit ongesond of onveilig? Hier's die antwoord.

Vraag:

My baba is nou vier maande oud. Hoewel ek nie ’n gewoonte daarvan maak om vir haar Rescue Remedy te gee nie, vind ek dit tog soms nuttig as sy onrustig is. Is dit ongesond of onveilig? Ek sien ook daar is baie soorte op die mark. Is almal veilig?

Antwoord:

Die Britse homeopaat dr. Edward Bach het in die 1920’s en 1930’s 38 blomremedies ontwikkel wat met verskillende emosies help. Resue Remedy is ’n kombinasie van vyf Bach-blomremedies wat spesifiek help vir skok, paniek en soortgelyke intense, akute emosies. In dié situasies is dit doeltreffend en onskadelik.

Dit kan aan babas van enige ouderdom gegee word en kan tot elke vyf minute ten tyde van ’n groot skrik toegedien word tot jou baba beter voel.

Resue Remedy word soms vir ander probleme soos slaaploosheid en prikkelbaarheid gebruik, maar die uitwerking is nie altyd baie goed nie omdat die formule nie regtig vir sulke simptome ontwikkel is nie.

Vir slaaploosheid (as jou baba baie wakker lyk) kan jy die homeopatiese middel Coffea 30 ch gebruik en vir prikkelbaarheid Chamomilla 30 ch.

Natura se Nerva 3 kan ook soms vir blote ongelukkigheid en huilerigheid help.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees