VRAAG: My seuntjie is nou twee jaar oud en kry omtrent twee keer per jaar mangel-ontsteking. Is dit beter om sy magels te laat verwyder, of is twee keer per jaar te min om oor bekommerd te wees?

DR. HANNEKE HEYNS ANTWOORD: Mangelontsteking en keelinfeksie is baie algemene probleme by klein kindertjies. Dit kom gewoonlik minder voor namate hulle ouer word. As die mangels uitgehaal word, word die neusmangels (oftewel adenoïede, ’n soortgelyke weefsel hoër op in die keel naby die neus) sommer ook terselfdertyd verwyder.

Die indikasies vir die operasie (dinge wat dit nodig maak) word verdeel in absoluut, waar daar geen keuse is nie, en relatief.

Net ’n paar indikasies is absoluut, soos wanneer die mangels en adenoïde so groot is dat dit asemhaling belemmer en slaapap nee veroorsaak, of veroorsaak dat jou kind sukkel om te eet.

Die hoeveelheid mangelinfeksies wat ’n kind het is een van die relatiewe indikasies en dokters sal heelparty faktore in ag neem voor hulle besluit om te opereer.

Ouderdom is een so ’n faktor – hoe jonger kinders is, hoe meer geneig is dokters om konserwatief op te tree en te wag omdat kinders die probleem gewoonlik ontgroei.

Nog ’n baie belangrike oorweging is die erns van die ontsteking. As jou kind elke keer ’n baie hoë koors van meer as 38,5 grade Celsius kry en daar is etter op die mangels, is die kans baie groter dat die ontsteking sal terugkeer. Jou dokter sal dan meer geneig wees om die mangels uit te haal. 

We Play Smart
RAAKGEKOOP

10% afslag

Met We Play Smart kan jy jou baba tuis stimuleer met ’n professioneel ontwikkelde stap-vir-stap-program propvol kreatiewe aktiwiteite en opvoedkundige gereedskap vir baba se eerste 500 dae. Dit kos R3 499 en aflewering is gratis. Daar is ook ’n aanlynprogram beskikbaar (gelei deur ’n spesialis) wat jy van jou mediese fonds kan terugeis. Bestel by www.weplaysmart.co.za. Gebruik die kode YourPregnancy2021 om 10% afslag te kry.


E-pos jou vrae na sharing@ypbmagazine.com.

Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.