book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Kindervoeding: Kom ons eet!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Begin jou instink vir jou sê dat dit tyd is om jou baba aan vaste kos bekend te stel? Jy ken haar immers beter as enigiemand anders. As jy egter onseker is, help dit om te weet daar is tekens wat wys dis tyd dat jul eetavontuur begin. Wanneer drie of meer van die volgende fisieke en intellektuele mylpale behaal is, kan jy die eerste treetjies van die kosreis gee.

Voor jy wegtrek, spyskaarte begin opstel en aan die kook kom, is daar eers ’n paar beginsels wat jy in gedagte moet hou sodat hierdie nuwe stap in jul lewe positief kan wees.

Bors bly die beste. Die bekendstelling van vaste kos beteken nie jy moet ophou borsvoed nie. Jy is bloot besig om ekstra kos saam met die borsmelk te gee. Borsvoeding het geen nadele nie. Jy kan solank as wat jy wil daarmee aanhou en gerus wees dat jou kind net voordeel daaruit sal trek. Haar inname van borsmelk sal mettertyd vanself afneem namate sy geleidelik ál meer vaste kos eet.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees