book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Ma veg terug teen borskanker

akkreditasie
PJ en Elzanne Mong saam met klein PJ (1½) op hul plaas in die Overberg-distrik
PJ en Elzanne Mong saam met klein PJ (1½) op hul plaas in die Overberg-distrik

Vier jaar gelede, toe sy nog verloof was, het Elzanne Mong al ’n knop in haar linkerbors gevoel. Sy is onmiddellik ginekoloog én later radioloog toe. “Nie een van die twee was bekommerd nie. Die ginekoloog het dadelik gevoel dat die knop en klier beweegbaar is. Die radioloog het dit as ’n sist herken en albei was seker dat dit mettertyd sou weggaan,” vertel Elzanne (32).

’n Jaar later en net voor haar troue, het Elzanne voorbehoeding begin gebruik. ’n Paar maande later het sy gevoel dat die sist groter is. Sy het dit weer laat ondersoek, en weer is sy gesond verklaar.

Ná ’n jaar se getroude lewe het Elzanne swanger geraak. “Met my sesweke-ondersoek ná PJ se geboorte het my ginekoloog weer my borste ondersoek en gesê dat ek ná ses maande moes terugkeer vir nog ’n ondersoek omdat hy kon voel die sist is groter.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees