book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Moet die mangels uit?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My seuntjie is nou twee jaar oud en kry omtrent twee keer per jaar mangelontsteking. Is dit beter om sy mangels te laat verwyder, of is twee keer per jaar te min om oor bekommerd te wees?

Dr. Hanneke Heyns antwoord: Mangelontsteking en keelinfeksie is baie algemene probleme by klein kindertjies. Dit neem gewoonlik af namate hulle ouer word. As die mangels uitgehaal word, word die neusmangels (oftewel adenoïede, ’n soortgelyke weefsel hoër op in die keel naby die neus) sommer ook terselfdertyd verwyder.

Die indikasies vir die operasie (dinge wat dit nodig maak) word verdeel in absoluut, waar daar geen keuse is nie, en relatief. Net ’n paar indikasies is absoluut, soos wanneer die mangels en adenoïde so groot is dat dit asemhaling belemmer en slaapapnee veroorsaak, of veroorsaak dat jou kind sukkel om te eet. Die aantal mangelinfeksies wat ’n kind het is een van die relatiewe indikasies en die dokter sal heelparty faktore in ag neem voor sy besluit om te opereer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees