Ons seuntjie Roelof Swanepoel (Ruan) is op 19 Junie 2013 gebore na 'n lang swangerskap met baie komplikasies. Hy het geen tekens van geboorte merke getoon nie of dat daar enigeniets fout is nie.

Februarie 2015 het hy sy eerste "koorsstuipe" gehad volgens die dokters, daarna byna elke twee maande in die hospitaal opgeneem met koorsstuipes. Februarie 2016 het Ruan 'n baie ernstige koorsstuipe gehad wat byna 20 minute geduur het wat die dokter aandiens by Suikerbos Life Hospitaal rooi ligte laat sien het. Hy is oorgeplaas Clinton Hospitaal toe in Alberton.

Na 'n CAT scan en MRI is bevestig dat hy bloeding binne in die linker brein het en dat die oorsaak daarvan onseker is. Hy is dadelik op epilepsie medikasie gesit om die aanvalle onder beheer te hou tot dat ons 'n afspraak by 'n Pediatriese Neuroloog kon kry. Ons is verwys na Dr Mike Lippert by Unitas Hospitaal waar hy weer opgeneem is in Mei 2016 vir 'n opvolg MRI. Ruan is gediagnoseer met 'n kapillêre hemangioom in die brein wat die bloeding veroorsaak.

Die koorsstuipes wat hy vir die afgelope jaar gehad het was toe eintlik Epilepsy agv die bloeding in die brein. Ruan is tans op epilepsie medikasie en het tot dus ver nog nie weer 'n aanval gehad nie. Ons moet weer n opvolg MRI in Mei 2017 doen om seker te maak dat die bloeding nie meer raak nie. Indien die geval sal 'n operasie gedoen moet word om die area reg te maak. 

Vir ons as ouers was die onsekerheid seker die heel moeilikste omdat elke dokter wat ons gesien het vir ons gesê het dat koorsstuipes normaal is vir sy ouderdom! Maar daar was altyd iets wat vir ons gesê het dat iets meer is as net koorsstuipes. 

Na Ruan se laaste aanval kon hy vir 'n paar dae skaar loop en die gebruik in sy regter been en arm het verswak, daarom is dit so belangrik dat hy sy medikasie gereeld neem en nie weer 'n aanval moet he nie.

As jy enige stories het wat jy graag met ons wil deel, stuur dit aan web@babaenkleuter.co.za