book-icon Uitgawe Junie & Julie 2019

Oefen met jou baba

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Omdat nuwe ma’s min tyd het, is dit wys om oefeninge te kies wat nie net op een liggaamsdeel fokus nie, sê Russel Millen, ’n biokinetikus van Sandton in Johannesburg. Hy stel voor dat jy kombinasie-oefeninge en kardiovaskulêre oefening kombineer. “Dit is ook ’n mite dat jy met 100 maagoefeninge al die ekstra gewig om jou middel gaan afskud. Pak liewer ’n oefenprogram vir jou hele lyf aan. Dit stimuleer jou bloedsomloop en kry jou metabolisme aan die gang – en dít is wat die vet verbrand,” verduidelik Russel.

Wees kreatief en beweeg op ’n eenvoudige manier wat jou baba sal vermaak, sê Russel. “Voer ’n lang glysprong uit en swaai terselfdertyd jou arms om jou bolyf op te warm. Of stap flink op die plek en lig jou bene hoog op, tot teen jou maag as jy kan.”

Staan handeviervoet en rus op jou elmboë. Laat baba op sy ruggie onder jou lê. Maak nou jou bene een vir een reguit sodat jou volle gewig op jou elmboë en tone rus (die plankposisie). Knoop geselsies met baba aan terwyl jy die posisie hou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees