Soos ’n koning in die oggend, ’n prins in die middag en ’n boemelaar in die aand. Dís hoe ons – en veral energieke klein mensies – volgens die gesegde behoort te eet. Ná ’n lang nag van vas, gewoonlik tussen tien en twaalf uur lank, is jou bloedsuiker op sy laagste.
In die oggend is jou liggaam soos ’n motor waarvan die brandstoftenk byna leeg is. Jy moet dit vol maak om deur die dag te kan kom. Doen jy dit nie, voel jy gou moeg en prikkelbaar en sukkel jy om te konsentreer, sê Maretha Vermaak, ’n dieetkundige van Pretoria.