book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2022
Deel

Sooibrand: Die vlam in jou keel tydens swangerskap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty/Gallo Images
Getty/Gallo Images

Vir baie vroue bring swangerskap hul eerste kennismaking met sooibrand mee. As jy twyfel of dit sooibrand is wat jy voel: dis ’n pynlike brandgevoel agter die borsbeen, veral ná ete. Soms is daar ook ’n suur smaak in jou mond. Die meeste swanger vroue se las met sooibrand begin in die tweede helfte van hul swangerskap.

Dokters beskryf sooibrand as ’n toestand waarin die slukderm se sluitspier (die ring of klep naby die onderpunt van die slukderm) slapper word. In jou swangerskap kan jy die skuld daarvoor op die hormoon progesteroon pak, omdat hierdie hormoon al die sagte spiere in jou liggaam laat verslap. Sommige spiere in die spysverteringskanaal verslap ook. Dit het tot gevolg dat kos stadiger deur jou maag beweeg, die verteringsproses verstadig en maagsure in die slukderm laat beland.

Dis egter nie net progesteroon se skuld dat jy deur sooibrand geteister word nie. Jou swellende baarmoeder is ook ’n sondaar omdat dit teen die maag druk en die druk binne-in die maag verhoog. Die suur inhoud van die maag vloei dan terug tot binne-in die slukderm.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees