book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Speel klaar met koors

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Koors is niks anders nie as ’n normale, gesonde reaksie van die liggaam op ’n infeksie deur ’n virus of bakterie. Daar is goeie redes waarom ’n kind koors kry. Die nare kieme floreer teen ’n normale liggaamstemperatuur, maar teen ’n baie hoë temperatuur groei hulle nie. Koors is dus ’n verdedigingsmeganisme van die liggaam.

As jou kind ’n temperatuur van 38 grade C of hoër het, het sy koors. ’n Normale liggaamstemperatuur vir kinders en volwassenes is 36 tot 37 grade C. Dis soms moeilik om agter te kom dat jou kind koors het. Jy sal dalk oplet dat sy haar anders as gewoonlik gedra nog voor sy kla dat sy siek voel.

Haar lyf kan warmer as gewoonlik voel en haar gesig of wange kan rooi wees. Sy kan ook buitengewoon bleek wees, haar eetlus verloor of kouekoors kry. Soms kan jou kind se vel koel voel, al het sy koors. Dis omdat haar liggaam hard werk om die koors te laat daal deur te sweet en die vel te laat afkoel. As jou baba koors het, is haar hande en voete dikwels koel. Dis dus beter om aan haar voorkop te voel om vas te stel of dit buitengewoon warm is. Bly egter kalm as jou kind wel koors het, want dis ’n teken dat sy besig is om ’n infeksie te beveg en weerstand daarteen op te bou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees