book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Steriliseer jou baba se bottels só

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou pasgebore bondeltjie is kwes­­baar omdat sy immuunstelsel nog onderontwikkel is, wat dit vir infeksies of siektes makliker maak om ’n houvas te kry.  Die beste manier om jou baba teen infeksies te beskerm is met borsvoeding, maar as dit nie moontlik is nie – of as jy moet teruggaan werk toe en jou baba bottel moet drink – is die deeglike sterilisasie van al sy voedingstoerusting een van die belangrikste maniere waarop jy hom kan beskerm, veral teen siektes soos gastroënteritis.

Kenners verskil oor presies hoe lank jy jou baba se bottels en ander voedingstoerusting moet aanhou steriliseer, maar die meeste is dit eens dat dit minstens in die eerste ses maande altyd gedoen moet word. Ander kenners beveel aan dat jy aanhou tot jou baba ’n jaar oud is omdat hy dan genoeg van sy eie teenliggaampies kan maak om infeksies beter te beveg, terwyl nog ’n groep aanbeveel dat jy aanhou steriliseer tot jou baba nie meer bottel drink nie.

As jy wel ná ses maande ophou om jou baba se bottels te steriliseer, moet jy steeds al sy voedingstoerusting baie deeglik met warm water en seep was.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees