book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Sterk, skitterwit tandjies

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

“Ek wil huil as ek ’n bababottel met aanmaakkoeldrank daarin sien. As ek in die teater staan en daardie klein tweejarige lyfie lê voor my en ek dink ek moet nou amper al die tandjies uittrek, huil my hart. Asseblief, ouers, borsel die tandjies van vroeg af en hou by melk en water in jou kind se bottel. Dan sal my hart goed voel.”

Aan die woord is dr. Jeannette Booysen, ’n kindertandarts op Upington. Sy sê tandbederf en bababottelkaries, waar die boonste voortandjies dikwels tot teen die tandvleis afvrot, is algemene tandprobleme by kinders in haar praktyk. “Bababottelkaries is my grootste hartseer en ek sien dit elke dag.”

Jeanette verduidelik dat dit meestal veroorsaak word deur verkeerde drinkgoed wat in babas of peuters se bottels gegooi word. Dit bederf die kind se tandjies terwyl sy slaap.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees