Vroeë vloerstuipe

akkreditasie

My seuntjie is nou 19 maande oud. As hy nie sy sin kry nie, kry hy vloerstuipe soos ek nog min gesien het – hy gaan lê sommer plat op die vloer en skreeu en skop met sy voete. Ek het gedink vloerstuipe is iets wat ek eers van twee jaar af kan verwag. Wat moet ek doen as hy hom so vererg?

Vanaf 18 maande begin kinders baie meer bewus raak van hul omgewing en begin hulle in die ontdekkingsfase inbeweeg. Skielik begin jou kleinding ontdek dat hy ’n keuse kan uitoefen, en die verkenning daarvan en die wêreld om hom begin sy hooffokus word. Maar hy is nog baie onvolwasse wat emosionele ontwikkeling betref.

Die emosies wat hy ervaar is alles vir hom nuut en oorweldigend. Die vloerstuipe is ’n manier om uiting te gee aan wat hy voel. Hy voel waarskynlik teleurstelling en frustrasie en moet nou leer hoe om hierdie oorweldigende emosies te hanteer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees