book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

Vrugtepitte: gesond of nie?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My kind spoeg die pitte van alle vrugte (soos nartjies, druiwe en grenadellas) uit. Het dit enige voedingswaarde? Moet ek hom aanmoedig om dit eerder te eet?

Anel Kirsten antwoord: Die pitte van ’n vrug of plant is gewoonlik ryk aan vitamiene, minerale en antioksidante. ’n Belangrike funksie van pitte is dat dit in werklikheid die sade is waaruit plante of vrugte groei en dus dien as die energie en voedingsbron waaruit die nuwe plant kan ontkiem en groei. Sade is daarom baie voedingryk. Baie sade kan egter baie bitter wees en die meeste mense is nie gaande daaroor nie. Dit sal goed wees as jy hom kan aanmoedig om die vrugte met pitte en al te eet. Gladdejantjies is ’n maklike manier om die hele vrug in te kry – skil, vleis en pitte. Indien jou kind egter ’n goed gebalanseerde dieet volg – sy groente en vrugte gereeld eet – behoort hy ’n goeie verskeidenheid vitamine en minerale in te kry. Jy hoef dus nie slapelose nagte oor vrugtepitte te hê nie. Anders as wat baie mense meen, is die sade en pitte ook nie giftig nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees