book-icon Uitgawe Junie, Julie, Augustus & September 2021

Wenke vir ’n gesonde winter

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Kieme is oral, veral op plekke soos dagsorgsentrums en by speelgroepies. Blootstelling is deel van die lewe, al het die pandemie ons geleer om werklik alles te doen om te keer dat ons siek word.

Maar as julle al by die soveelste verkoue trek en dis nog nie eens regtig winter nie, is dit tyd vir ’n paar bykomende voorkomingsmaatreëls en planne om die immuunstelsel ’n goeie hupstoot te gee. Dis altyd ’n goeie idee, maar veral noudat ons nog nie van Covid-19 ontslae is nie.

Probeer om jou kind so lank moontlik te borsvoed. Jou borsmelk is ryk aan teenliggaampies wat jou baba se immuunstelsel versterk en help om siektes af te weer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees