book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Jou kleuter: Bou ’n sterk lyfie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ontwikkeling is nie ’n wedloop nie, dit gebeur vanself – en eintlik is die volgorde en gehalte van ontwikkelingsfases veel belangriker as die pas waarteen dit plaasvind. Sonder goeie groot motoriese vaardighede sal jou kind nie die belangrike fyn motoriese vaardighede soos skryf – wat vir die groot skool belangrik is – behoorlik onder die knie kry nie.

Die vermoë om ’n paar uur op ’n slag stil te kan sit en te konsentreer, is ook te danke aan groot motoriese spiere wat sterk en geoefen is. “’n Kind het genoeg krag in sy spiere nodig om sy lyfie in ’n regop posisie te hou,” sê Johnlene Scholtz, ’n Klerksdorpse arbeidsterapeut en die vrou agter die Robotics-program wat groot motoriese ontwikkeling bevorder.

Spiertonus is belangrik vir mylpaalontwikkeling, konsentrasie, werkspoed en selfs ’n kind se potloodgreep. Tonus en krag ontwikkel van die rompspiere na die arms en bene. “Daarom moet ’n kind se rug- en maagspiere sterk wees sodat ander groot motoriese vaardighede soos balans, middellynkruising, hand-oog-koördinasie en voet-oog-koördinasie kan ontwikkel,” sê Johnlene.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees