Die perfekte speelafspraak

akkreditasie

Hierdie artikel is gepubliseer in die Julie 2016 uitgawe van Baba & Kleuter.

’n Suksesvolle speelmiddag moet ’n definitiewe begin en einde hê. Spreek ’n duidelike tyd met die maatjie se ma af. Vir klein kindertjies van twee en drie jaar behoort ’n speelafspraak nie langer as twee uur te wees nie. Maak seker die gasvrou weet wanneer jy jou kind kom haal as jy haar alleen daar laat speel. En moenie ure laat kom nie! Onthou, jy kan ook aanbied om ’n kind huis toe te neem ná ’n speelafspraak en so is jy meer in beheer van hoe lank dit duur.

Dit is nie regtig nodig om ’n geskenk, lekkers of kos saam te vat op ’n speelafspraak nie, maar ’n blykie van waardering dat jou kind daar mag speel, sal beslis nie ongesiens verbygaan nie! En dit hoef beslis ook nie elke keer te wees as jou kind by ’n maatjie gaan speel nie. Enigiets soos ’n pakkie aarbeie, of ’n pak malvalekkers sal werk, veral as jou kind meer gereeld by die maatjie gaan speel as wat hulle by jou huis speel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees