Ferm oor daai skerm

akkreditasie

Baie ouers erken ruiterlik dat hulle hul kinders – van peuters tot jong skoolgaandes – ure lank los voor ’n toestel met sogenaamde opvoedkundige en oulike toeps. Is dit reg? En maak dit saak met watter toeps hulle speel? Ontneem jy jou kind van tegnologiese intelligensie as jy hom van die skerm probeer wegkry, of beskerm jy hom teen ’n gevaar waarvan ons die omvang nog nie verstaan nie?

Dieselfde reël geld as wat in oupa en ouma se tyd al vir tydverdrywe gegeld het, sê die kundiges: Matigheid is koning. Die goue middeweg bly maar altyd die beste weg.

Die Amerikaanse Akademie van Pediatrie het onlangs weer verklaar dat hulle besorg bly oor bewyse dat elektroniesemediagebruik ’n skadelike uitwerking op jong kinders kan hê. Ja, hulle weet daar is positiewe gevolge ook, maar hulle maan pediaters oor die wêreld heen steeds om met elke ondersoek met ouers oor hul kind se mediagebruik te praat.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees