book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Klein (leg)kaartmannetjie

akkreditasie

Kan jy nog onthou hoe jy met hout- en ander legkaarte gespeel het toe jy klein was? Daar is ’n hele boel goeie redes waarom dié speelgoed die toets van die tyd deurstaan het. Hier is vyf redes waarom jy beslis in legkaarte vir jou peuter moet belê.

Omdat ’n legkaart selfs in sy eenvoudigste vorm denke vereis, dwing dit jou peuter om sy denke te fokus op die taak waarmee hy besig is. Dit sal sorg dat hy vir kort rukkies aaneen fyn begin konsentreer, en so help dit hom om te leer.

Ten einde ’n legkaart te voltooi moet jou kind elke stukkie baie fyn van naderby bestudeer. So kan hy uitwerk of die stukkie in sy hand wel in die beskikbare gaatjie pas. Hierdie soort visuele fokus is ’n noodsaaklike leesvaardigheid wat reeds van kleins af baie goed geslyp moet word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees