Kom, laat ons verf!

akkreditasie
Hulp om jou kind se handvardigheid te verbeter.

Waaroor gaan hierdie oefening?

Verf is ’n prettige aktiwiteit om klein motoriese koördinasie en handfunksie te stimuleer.

Wat jy nodig het

Nie-giftige verf.

Doen dit só:

Plak ’n groot vel papier teen die muur en laat jou kind met ’n groot kwas daarop verf. Laat jou kind probeer om die volgende te verf: l,--, O.

Kry ’n veilige plek waar jou kleinding lekker kan mors. Maak ’n tydelike kunshoekie in die motorhuis of badkamer en sit rubbermatte op die vloer.

Alternatiewe aktiwiteit:

  • Laat jou kleuter met vingerverf eksperimenteer om 'n prentjie met sy of haar vingertjies te teken.
  • Gee hom of haar een van die volgende in plaas van 'n verfkwas: 'n spons, ou tandeborsel ens. 

Myslimkindis Suid-Afrika se voorste program vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO). Kliek hier om aan te sluit by die program.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees