book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Kom ons wees maatjies

akkreditasie

Dis vir ons as ouers glad nie maklik nie, maar ons moet ons kinders toelaat om situasies waarin hulle ongemaklik voel of te na gekom word, self te hanteer. Moenie ’n te groot ophef daarvan maak nie. Wys empatie, maar help jou kind eerder deur self vriendelik en opgeruimd te wees. Herinner jou kind dat mense nie van nors en ongelukkige mense hou nie. Wys hom daarop dat wanneer hy kla of neul mense minder geneig is om aan sy behoeftes te voldoen: “As jy kla omdat jy tweede moet gaan, gaan Mia minder lus wees om met jou te speel.”

Een van die belangrikste sosiale lesse wat jy jou kleuter kan leer is om vir ander mense om te gee. Herinner jou kind gereeld daaraan dat mense nie in hom gaan belangstel as hy nie in hulle belangstel nie. Moedig nuuskierigheid aan deur vrae te vra oor jou kind se omgewing en mense. Wys hom deur jou eie vriendskappe dat daar baie pret en liefde uit maats te put is. Help hom deur hardop oor sy maatjies te wonder: “Ek wonder of Emma ook van popspeel hou?”, of “Dink jy Luan is ook lief daarvoor om boeke te lees?”.

Leer jou kind om te deel, maar leer hom ook hoe om te onderhandel wanneer hy met iets wil speel waarmee ’n maatjie speel. Sê: “As jy nou vir Ella toelaat om met jou pop te speel, kan ons later ’n entjie gaan fietsry.” Mededeelsaamheid is belangrik by die kleuterskool tydens speeltyd, in vriendskap en later in verhoudings.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees