book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Leer jou angstige kind ontspan

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

’n Mens ontspan wanneer jy iets doen wat vir jou lekker is en wat jou sintuie tot bedaring bring. Ontspanning gee kinders se senustelsel ’n kans om volwasse te word en gewoond te raak aan al die sensoriese invloede wat hulle elke dag moet verwerk.

’n Blaaskans help ’n kind ook om haar emosies te reguleer. Dit is noodsaaklik vir optimale groei en ontwikkeling. Kinders wat hulleself nie die geleentheid gun om af te skakel nie, se gesondheid kan daaronder ly.

Daar is kinders wat hardlywig word omdat hulle nie tyd wil maak om op die toilet te ontspan nie – die wêreld is dan so groot en daar’s nog so baie om te ontdek! Die ouerskap-kenner Ann Richardson verduidelik in haar boek Koester jou kleuter hoe dit werk: Babas en kleuters interpreteer hul wêreld met hul sintuie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees