book-icon Uitgawe Junie & Julie 2019

Ma sê ja, pa sê nee

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Dissipline handhaaf is nie ’n maklike storie nie, veral nie as pa en ma nie altyd saamstem oor hoe dit moet gebeur nie. Ja, ons weet ongehoorsaamheid is onaanvaarbaar – maar omdat elke ouer met sy eie bagasie en opvattings na die oortreding kyk, kan die dissiplinering van ’n kind vinnig tussen twee stoele deurval.

Mamma praat drie keer met sussie omdat sy die hond se ore trek. Skielik vererg pa hom, spring op en skiet haar vingertjie. Eers is daar ’n verbysterde stilte waarin almal van die skok herstel.

Dan breek ’n chaos los. Ma reageer verontwaardig en ontsteld op pa se “onnodige” fisieke tugtiging, pa storm mompelend by die kamer uit met die voorneme om nooit weer te help om die kind op die regte pad te bring nie en Anna spring gillend in haar ma se arms.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees