My kind wil nie deel nie

akkreditasie
Hier's wat om te doen.

Vraag:

Ek het twee seuntjies wat 18 maande verskil. Die oudste is nou vier en wil glad nie met sy jonger broer deel nie. Ek het al mooigepraat, gesmeek en uitsittyd probeer, maar niks werk nie. Ek en my man is albei vrygewige mense en het goeie waardes, dus verstaan ons nie sy gedrag nie. Hoe hanteer ek dit?

Antwoord:

In hul natuurlike en gemaklike staat geniet kinders dit om te deel en in liefde met ander te verkeer, veral met boeties of sussies.

Maar om te kan deel moet ’n kind ’n sterk gevoel van verbintenis ervaar – hy moet gelief en veilig voel. Kinders wil nie ander seermaak nie, maar wanneer iets die verbintenis verbreek, word hulle dikwels bang en dan wys hulle gedrag teenoor ander waaroor hulle nie veel beheer het nie.

Die gedrag is ’n simptoom van emosionele pyn wat die kind probeer verwerk. Die manier waarop kinders hul emosies probeer vrystel is deur te lag, te huil, vloerstuipe te kry, te bewe of woedend uit te bars.

Die geheim is dus om die onderliggende emosionele behoefte aan te spreek. Hier is ’n paar wenke:

  • Skep daaglikse ’n tydjie waar jy alleentyd met jou kind kan deurbring.
  • Fisieke spel is wonderlik terapeuties, veral as dit met lag en fisieke kontak gepaard gaan.
  • Sit gereeld tyd opsy om na jou kind se emosies te luister, veral as dit in vloerstuipe ontaard. Gee hom die geleentheid om te huil en te skree terwyl jy hom verseker van jou liefde. Behou oogkontak en moenie pak gee of uitsittyd afdwing nie; dit gaan net sy gevoel van ontkoppeling verhoog.
  • Stel ferm grense, maar benader jou kind altyd met warmte.
  • As jou kind ’n speelding by iemand anders wil gryp, stel die grens en sê vir hom dat jy saam met hom sal bly terwyl hy op sy beurt wag. Gebruik dan hierdie tyd om hom vas te hou en te troos. Dit sal hom help om die emosionele spanning te verwerk terwyl hy op sy beurt wag.
  • Onthou, sy groot behoefte is verbintenis en nie die speelding nie. Fokus altyd eerste op die verbintenis. Enige teken van wreedheid wat jou kind vir sy boetie wys, kan beskou word as ’n teken dat hy nie verbind of gemaklik genoeg voel om op ’n bedagsame manier op te tree nie. Spreek dus die verbintenis aan, want dit sal jou kind se natuurlike sin vir bedagsaamheid laat uitkom.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees