book-icon Uitgawe Junie & Julie 2018

Help, ek hou nie van my kind se maatjie nie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ek hou nie van my kleuter se maatjie nie. Wat moet ek doen?

Dink ’n bietjie aan jou eie kindervriendskappe terug – miskien het jy ook ’n maatjie gehad van wie jou ouers nie gehou het nie. Of dalk was jy self daardie maatjie. Die meeste kinders word met die hele spektrum van vriende groot en terwyl ek verstaan jy wil hê jou kleuter moet net oulike maatjies hê, sal hy tien teen een ook uitdagende vriendskappe sluit. Om ’n goeie maatjie te wees, is ’n vaardigheid wat soos alle ander vaardighede geleer en ontwikkel moet word. Kinders kan soms neerhalende dinge kwytraak of selfs kindertjies wat anders is uitsluit. Of hegte vriendskappe kan skielik om onverklaarbare redes tot ’n einde kom. Soms besef kinders ’n ander kind is eensaam, maar weet nie hoe om hulle te bevriend nie. Hedendaagse ouers is angstig en wil nie hê hul kinders moet frustrasie, hartseer of ander negatiewe gevoelens ervaar nie. Pleks daarvan om te fokus op die beskerming van jou kleuter teen moontlike seerkry, kan jy jou daarop toespits om sy weerbaarheid te ontwikkel. Wanneer kinders weerbaar is, is hulle dapperder, nuuskieriger en meer aanpasbaar. Hier is ’n paar wenke:

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees