book-icon Uitgawe Junie & Julie 2018

Rympies vir klein duimpies

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Rympies is prettig en plesierig en met onlangse boeke soos Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Liedjies vir Pikkies en Peuters (albei deur Tafelberg Uitgewers) het geen ouer ’n verskoning om nie vir hul kleinspan rympies voor te lees of te sing nie.

Maar die waarde van rympies is veel meer as pret en plesier, sê Gertie Smit, ’n opvoedkundige van Wellington in die Wes-Kaap en ’n vrou met ’n uitgebreide kennis van die waarde van rympies en liedjies. Gertie, wat betrokke was by die samestelling van die twee bundels, sê rympies gee jou kind nie net lewensinligting nie, maar help ook met skoolvoorbereiding.

Leef gesond: Basiese waardes vir ’n gesonde leefstyl soos gesond eet, higiëne soos gereeld hande was of bad, of slaaptyd kan speel-speel deur rympies aan jou kleuter oorgedra word. “Dit dra alles by tot die gesonde ontwikkeling en groei van ’n kind se liggaam,” verduidelik Gertie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees