book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

Moet jy ingryp as jou kinders met mekaar baklei?

akkreditasie

Dit maak nie saak hoeveel keer jy daarvan droom dat jou kinders mekaar liefhet en beste maats is nie – medespruite baklei, en sommer baie ook! Of hulle nou ’n natuurlike liefde vir mekaar het of nie, broers en susters deel hul ouers, ’n huislewe en ’n baie intieme bloedband.

En dis juis omdat hulle soveel deel dat ’n groot deel van hul verhouding daaroor gaan om te leer om afsonderlik te leef. Kinders kan die spanning wat hulle in die huis ervaar weerspieël deur te baklei, swak konflikoplossing in die huis na te boots, of baie angstig te word as hulle nie voorgetrek of hul ruimte in die gesin nie erken word nie.

’n Kind kan ook baklei as hy nie genoeg positiewe aandag kry nie. “As jy voel dat die bakleiery ’n onaangename, spannende en angswekkende atmosfeer in die huis begin skep, is dit wys om professionele hulp in te roep,” sê Jade Paterson, ’n Johannesburgse beradingsielkundige. Die meeste ouers vind dit moeilik om te weet wanneer dit tyd is om in te gryp en wanneer om die kleingoed te los om self hul konflik op te los.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees