?Voordat jou kleintjie sal kan teken, inkleur of skryf, sal hy of sy eers sekere vaardighede moet aanleer en ontwikkel. Dit sluit die volgende in: knypgreep, onderskeid tussen linker- en regterkant, handmanipulering, vinger-isolering, hand-oog-koördinasie, klein motoriese beheer (gebruik van klein spiertjies in die vingers) sowel as groot motoriese beheer (die groter spiere in veral die skouers), kruising van die middellyn, bilaterale koördinasie en visuele persepsie.

?Gedurende die eerste jaar sal babas hul handjies meestal gebruik om goed rond te gooi of in hul monde te druk, dinge uitmekaar te haal of te slaan. Dis alles deel van die ontwikkelingsproses en is noodsaaklik om bogenoemde vaardighede te verbeter.

?Die meeste kleuters begin om te krabbel sodra hulle ’n vetkryt in die hande kry – teen ongeveer een jaar oud. Hulle sal die kryt in hul vuis vashou met die duim aan die teenoorgestelde kant as die skryfpunt. Hulle sal nou ook begin om voorwerpe met hul hande te manipuleer. 

?Teen ongeveer 2 jaar, sal jou kleinding se tekenvaardighede verbeter en hulle sal begin om lyne te probeer teken. Nadat jy ’n sirkel of vertikale lyne vir hulle demonstreer, behoort hulle dit na te teken. Soos hul handfunksie verbeter, sal hulle die kryt nader aan die skryfpunt met hul duim, indeks- en middelvingers vashou. In plaas van hul skouerspiere, sal hulle nou begin om die elmboog te gebruik wanneer hulle teken.

?’n Jaar later, teen 3, sal hul tekenvaardighede teen so ’n mate verbeter het, dat jou klein kunstenaartjie vertikale en horisontale lyne, sirkels en plustekens sal kan maak. Hulle sal die kryt of potlood nou met die duim en eerste 2 vingers naby aan die skryfpunt vashou, maar dit sal tussen hul duim en indeksvinger pas. Hulle sal goeie beheer van skryf-instrumente besit en sal nou eenvoudige prente begin inkleur, maar sal steeds nie binne die lyne bly nie. 

?Ses maande later sal jy jou kind kan leer om sy of haar naam af te teken nadat jy dit eers  neergeskryf het. 

?Teen die ouderdom van 4 sal jou kind die potloodgreep bemeester en vinger- en gewrig-bewegings gebruik wanneer hulle teken of inkleur. Met hul verbeterde tekenvermoë sal hulle nou sirkels, vierkante, reghoeke en selfs ’n lyn tussen twee ander strepe kan trek.

?Van omtrent 4 en ’n half sal jou kind vingerbewegings gebruik terwyl hulle teken, inkleur of skryf. Hulle sal nou ook die blad met hul ander hand stut en een of twee van hul naamletters kan skryf. Hulle sal ook meer akkuraat kan inkleur. 

?Wanneer hulle 5 jaar oud is, sal hulle binne lyne kan bly wanneer hulle inkleur en met goeie beheer teken en skryf. Gedurende die jaar leer kinders gewoonlik om hul eie name te skryf (afhangend van die lengte en kompleksiteit, natuurlik) en hulle begin ook syfers en letters skryf. Moenie volmaakte letters verwag nie – dis heel normaal vir hulle om sommige letters omgekeerd te skryf.

?Teen die ouderdom van 6 kan jy jou kind leer om hul naam en van te skryf en al die basiese vorms soos sirkels, vierkante, reghoeke, driehoeke en plustekens te skryf.

?Myslimkindis Suid-Afrika se voorste program vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO). Kliek hierom aan te sluit by die program.