book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Wat moet sussie oor seks weet?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Verantwoordelike ouers praat met hul kinders oor seks voor ander mense die kans kry om dit te doen. Maar hoe vroeg is dit nou eintlik?

Jy moet al op vyf of ses jaar oud begin, is die raad van Anel Annandale, ’n opvoedkundige sielkundige van Kaapstad. En eintlik kan jy selfs vroeër begin. “Dis belangrik om kinders in te lig oor molestering sodat hulle hulle daarteen kan beskerm, maar dis nie die enigste doelwit van vroeë seksvoorligting nie,” sê Anel. “Seks is ’n natuurlike menslike drang en om te dink dat jong kinders nie seksuele wesens is nie, is verkeerd.”

Madelein Koen, ’n spelterapeut van Rustenburg in Noordwes, sê kinders is trouens van hul geboorte af reeds seksuele wesens. “Selfs babas is nuuskierig oor hul eie liggaam en raak dikwels aan hul geslagsdele in die bad of wanneer ’n doek geruil word. Babaseuns kry ook gereeld ereksies. ’n Jong kind se nuuskierigheid oor sy eie liggaam, geslagsdele en seks is natuurlik en onskuldig en om dit nou te ignoreer of as sleg af te maak, kan later tot seksuele probleme lei.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees