V&A: Sy lewe van lug!

akkreditasie
My kind is 18 maande oud en sy eet sleg. Dit voel of sy soms weke lank net jogurt eet, en dan weke lank net pasta. Sy hou van vrugte, maar eet selde ,eer as een per dag, en sy is nie gek oor groente nie. Het sy 'n aanvulling nodig? En watter soort aanvulling is reg vir haar ouderdom?

Madeleen Schuute (Geregistreerde dieetkundige) antwoord:

Peuters eet oor die algemeen maar sleg tussen een en drie jaar oud. Ons moet altyd probeer om die verskeidenheid van kos wat hulle eet so groot as moontlik te hou, want verskillende kossoorte bevat verskillende vitamiene en minerale. Roetine is baie belangrik: Ná 'n lang dag by die werk drink ek my glas water en eet 'n vrug en my tweejarige sien elke middag die voorbeeld en vra nou ook daarvoor. 

Gee klein porsies en gee steeds die kos waarvan sy hou, maar probeer ook nuwe kossoorte op verskillende maniere vir haar voorsit.

Daar is 'n verskeidenheid soorte nommerdrie-formulemelke op die mark en dis juis daarop gemik om ekstra vitamiene en minerale te verskaf vir kieskeurige etertjies. Beperk dit tot 500ml per dag, anders wil hulle net melk drink en niks eet nie.

Die eerste stap moet wees om goeie eetgewoontes te vestig en daarna moontlike tekorte aan te vul. 'n Aanvulling moenie goeie eetgewoontes vervang nie.

'n Aanvulling wat 'n verskeidenheid vitamiene en minerale bevat is betere as 'n enkelaanvulling wat byvoorbeeld net vitamien C bevat. 'n Omega 3-aanvulling is uiters belangrik vir immuunfunksie en breinontwikkeling as jou kind nie minstens twee keer per week vis eet nie.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees