Ag nee, sy kou haar naels

akkreditasie
Hoekom het my kind begin om dit te doen? En is daar iets wat ek kan gebruik sodat sy kan ophou?

Vraag:

My dogtertjie van twee het nou onlangs begin om haar naels te kou. Dit is nou een gewoonte wat ek nie duld nie. Hoekom het sy begin om dit te doen en hoe kan ek dit keer? Is daar homeopatiese middels in naellak-vorm wat ek kan aanverf sodat sy sal ophou?

Antwoord:

Kinders kou gewoonlik hul naels as hulle verveeld of angstig is. Dit is ’n gewoonte soos om met hul hare te speel, in die neus te krap of om hulle tande te kners. Dit is gewoonlik ’n gewoonte wat onbewustelik is.

Raas help dus nie baie nie en dit sal gewoonlik self oorgaan, maar dit is tog baie belangrik om te probeer uitvind of daar ’n situasie of gebeurtenis is wat haar angstig maak. Dit kan soms iets kleins wees wat haar pla.

Vra maar uit en verder stel ek voor dat jy natuurlike medisyne vir angstigheid vir ’n maand of wat probeer om te kyk of dit help. Ek het nog nie ervaar dat die bitter goed wat mens aan die naels verf, help nie.

Die homeopatiese mengsel Nerva 3 van Natura is ’n algemene medisyne vir angstigheid, depressie en spanning.

Dit is veilig vir kinders en jy kan 10 druppels drie maal daagliks gee. Walnut Bach-blom-geneesmiddel is handig om slegte gewoontes soos naelbyt, neuskrap of gesigtrek te verander oor ’n langer tydperk. Gee twee druppels drie maal daagliks in ’n glas water en meng dit sommer met Mimulus Bach Remedy vir angstigheid.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees