book-icon Uitgawe Desember 2019 & Januarie 2020

Beskerm klein ogies

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Langdurige blootstelling aan die son se ultraviolet- (UV-) strale kan uiters skadelik vir die oë wees, sê Inge Loubser, ’n oogkundige by die optometris Mellins i.Style. Die beste beskerming vir jou oë is om uit die son te bly wanneer hy op sy skelste is, oftewel tussen 10 vm. en 2 nm – selfs al is die weer bewolk.

Dis deesdae maklik om ’n sonbril vir jou baba of ouer kind te kry. Onthou net dat goedkoop of speelgoedsonbrille meestal nie UV-beskerming bied nie. Hulle kan trouens selfs meer skadelik wees omdat kinders se pupille agter die donker lense vergroot, sodat meer UV-strale in staat is om die oë binne te dring.

As julle by die see vakansie hou, is bykomende voorsorgmaatreëls nodig. Water en sand weerkaats UV-lig. Dit beteken dat al speel kinders onder ’n strandsambreel, word hul oë steeds aan die son se skadelike strale blootgestel. Dieselfde geld vir babas en kleuters in stootwaentjies. Kies dus liewer stootwaentjies met kappe wat UV-beskerming bied. ’n UV-bestande breërandhoed sal verder help om jou kind se delikate vel en oë te beskerm. Veral babas jonger as ses maande moet soveel moontlik teen direkte sonlig beskerm word omdat hul oë nog baie sensitief is. Hul velletjie het ook nog nie genoeg melanienpigment ontwikkel om hulle teen UV-skade te help beskerm nie. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees