book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2019

Dagdromertjies

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Dagslapies is nie net daar vir ma’s om huistake uitgerig te kry nie; jou peuter het dit baie nodig. ’n Goeie dagslaaproetine help dat jou peuter snags makliker en beter slaap, en volgens die Amerikaanse pediater Marc Weissbluth, skrywer van Healthy Sleep Habits, Happy Child, dra dit by tot jou kind se verstandelike ontwikkeling. ’n Onlangse studie met tweejariges het ook getoon dagslapies het ’n positiewe invloed op jou kind se emosionele ontwikkeling.

Jou kind behoort op een jaar oud twee stewige dagslapies van een tot twee uur elk in te pas, gewoonlik drie tot vier uur uitmekaar. As jou kind aktief en opgewek is, kry hy waarskynlik genoeg slaap, maar as hy prikkelbaar en klouerig is, slaap hy dalk te min. Namate hierdie jaar aanstap, sal jy vind dat jou peuter ál langer wakker kan bly. Die peuterjaar is wanneer die meeste kleingoed oorskakel van twee dagslapies na een, en hierdie aanpassingstyd bring weer ’n hele boel nuwe uitdagings mee. Wanneer presies jou peuter van twee na een dagslapies oorskakel kan geweldig verskil: Sommige babas doen dit al op nege maande oud, terwyl ander kinders eers teen 18 maande sover kom. Waak egter daarteen om dit te vroeg in te stel. Tekens dat hy gereed is vir die aanpassing sluit in:

Hierdie oorgangsfase is dikwels moeilik omdat jou kleinding nie regtig meer ’n volle twee slapies elke dag nodig het nie – en waarskynlik luidkeels daarteen beswaar sal maak – maar ook nog nie heeltemal gereed is om langer wakker te bly nie. Wees dus voorbereid op ’n deurmekaargekrapte roetine, want party dae gaan hy twee keer wil slaap en ander dae nie. Jy kan hierdie oorgangsfase vergemaklik deur sy oggendslapie geleidelik later te maak en so te kyk of jy hom nie kan aanmoedig om daardie slapie verder te rek en so nog ’n slapie uit te skakel nie. Maar moenie te lank wag nie, want ’n oormoeg peuter gaan sukkel om te slaap. Gee hom iets te ete net voor jy hom laat slaap (mik aanvanklik na 11:30 of selfs 11:00) sodat dit nie saak maak as hy deur middagete slaap nie. Jy kan hom weer iets gee om te eet sodra hy wakker word. ’n Goeie uiteindelike skedule lyk min of meer so:

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees