book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Jou peuter: Slaggereed vir potjielesse

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Potjielesse kan so glad soos seep verloop of dit kan ’n nagmerrie wees, afhangende van jou kind se persoonlikheid. Sommige kleingoed word so steeks soos donkies as dit kom by toiletmaniere. Ander raak dit so gou baas dat jy nie kan verstaan waarom mense soveel drama daarvan maak nie.

Laat jou kleinding van kleins af saam met jou toilet toe gaan sodat sy aan die idee gewoond raak en kan leer deur jou dop te hou, sê Ann Richardson, mede­skrywer van die boek Koester jou kleuter (Metz Press). 

“Verwoord altyd vir haar wat jy doen (‘Mamma piepie nou’) en nooi haar om die toiletpapier af te rol of jou die toilet te help trek.” As jy ’n seun het, kan jy jou man vra om hom saam toilet toe te nooi. “So leer hy dat seuns dit anders doen as meisies.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees