Kleuters is mal oor simboliese spel

akkreditasie
Van die ouderdom van twee jaar begin kleuters spontaan simbolies speel. Gebruik hierdie oulike aktiwiteite om hulle aan te moedig om dit te doen.

Jy sal gereeld sien hoe jou kleuter speelgoed of ander huishoudelike items as iets anders gebruik. ‘n Houtblokkie word ‘n telefoon, ‘n pop is ‘n regte baba wat ‘gevoer’ en gekoester word en ‘n kartonboks (soos ‘n Slimboks) kan eindelose vermaak verskaf.

Moedig jou kind aan om hul verbeelding vrye teuels te gee en speel gerus saam! ‘n Bank kan in ‘n bus verander en julle kan op en af wip soos julle deur die dorp ry. Gaan op ‘n verbeeldingsuitstappie na die dieretuin en moedig jou kleinding aan om op te staan en die diere se name uit te roep soos hulle dit deur die bus se ventster gewaar. 

Wanneer jou kind ‘n verbeelspeletjie met jou aanknoop, kan jy ‘n duidelike doel vir die aktiwiteit beskryf. Wanneer hulle byvoorbeeld vir jou ‘n plastiekbakkie en lepel aangee, kan jy vertel hoe heerlik die pap is wat hulle vir jou ingeskep het en hoe elke mondvol vir jou proe.

Wees versigtig om nie vir jou kleinding voor te skryf wanneer hulle simbolies speel nie, maar hulle eerder die geleentheid te gee om te lei. Dit sal hul verbeelding ontwikkel. 

Kliek hier om meer oor simboliese spel te leer.

Myslimkind is Suid-Afrika se voorste program vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO). Kliek hier om aan te sluit by die program.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees