book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Klim maak slim!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As jy jou kinderjare deurgebring het met boomklim, boomhuis bou en op die tuinmuurtjie loop, is die kans goed dat jy verstaan hoe belangrik dit vir jou kind se emosionele, sosiale en fisieke ontwikkeling is om buite te speel. Weens moderne tegno-speelgoed en ook ons vrese vir ons kleingoed se veiligheid bring kinders deesdae veel minder tyd deur om te speel en hul lyfie te gebruik.

Die eerste drie jaar van ’n kind se lewe word die sensories-motoriese tydperk genoem. In dié fase bou sensoriese en fisieke spel ’n belangrike fondament vir die ontwikkeling van konsentrasie, intellek en interaksie met ander. Dis waarom buite speel so belangrik is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees