book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

My eie eerste bed!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As jy gelukkig is, is jou kindoorstelp van vreugde dat hy nou ’n groot bed gaan kry. Maar dit kan ook wees dat die outjie glad nie van die idee hou nie, al is sy kot lankal te klein en klouter hy al self daaruit. Ons aksieplan sal dit vir julle albei makliker maak.

Daar is nie ’n amptelike ouderdom virdie groot trek bed toe nie. Iewers tussen 18 maande en drie en ’n half jaar is reg. Oorweeg dit as jou kind al self uit sy kot kan klim, want dit kan gevaarlik wees. As dit tyd is om sy nagdoek vaarwel te wuif, is ’n bed ’n goeie idee omdat hy dan snags self kan opstaan om te gaan piepie. Nog ’n rede is as ’n nuwe baba op pad is, of sommer net as jy voel hy’s nou groot genoeg en die kot darem te klein vir daardie lyf.

Moenie die skuif oorweeg as jul gesin ’n deurmekaar tyd deurmaak of as hy siek is nie. Wag vir ’n rustige tyd wanneer jul roetine al goed gevestig is, veral jul slaaptydroetine.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees