book-icon Uitgawe Oktober 2021 tot Januarie 2022

’n Huis is vol speelgoed

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Kersfees het gekom en gegaan, die bome en blink balle is gebêre, nuwe speelgoed is al gebreek of vergete en ons beursies is aansienlik dunner. Natuurlik is dit lekker om jou kind met die blinkste, raserigste speelding te bederf, maar die waarheid is dat min speelgoed babas en peuters regtig lank kan besig hou.

Hulle is ontdekkers en nuuskierige agies, en is gek daarna om iets nuuts onder hande te neem. Probeer om uit jou kind se oogpunt na sy wêreld te kyk en nut in allerlei huisware te vind. Jy sal verbaas wees waarvan jy alles speelgoed kan prakseer – en daardie speelgoed kan uiteindelik van groot sensoriese waarde vir jou kind wees.

Sensoriese spel is ’n belangrike deel van kinders se leerproses, sê Wietske Boon, ’n spelterapeut van Centurion. “Kinders leer die beste wanneer ál hul sintuie by die proses betrek word. Sensoriese spel is ook die manier waarop kinders kontak maak en inligting oor die omgewing insamel. So leer ’n kind homself ken en sy voor- en afkeure as dit kom by teksture, reuke en geluide.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees