book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Ousus pas moeilik aan by baba

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My dogter het twee weke gelede ’n ousus geword. Sy pas baie sleg daarby aan en dit gaan elke dag nóg slegter. Ek het voor en met die nuwe baba se geboorte baie moeite gedoen om die aanpassing vir haar so maklik as moontlik te maak. Hoe kan ek haar van haar hartseer en woede ontslae help raak?

Madelein Koen antwoord: Dit maak nie saak hoe oud (of jonk) jou eersgeborene is nie, sy sal deur ’n hele paar aanpassings geraak word wanneer ’n nuwe baba sy opwagting maak. Ten spyte van jou voorbereidings en jou eersgeborene se opgewondenheid voor die koms van die baba, is die oorgang van enigste na oudste kind ’n groot aanpassing en dikwels ’n emosionele wipwarit. Kinders se reaksie hang deels van hul temperament af. Sensitiewe kinders het meer tyd nodig om hul roetine te herstruktureer en aan te pas. Onthou, jou kind treur oor ’n tyd van haar lewe wat verby is. Jaloesie, hartseer en woede is dus normaal. Hou gerus die volgende in gedagte:

Erken jou kind se gevoelens. Moenie ongeduldig raak oor jou kind se negatiewe emosies nie. Help haar om dit te verwoord en beter uitdrukking daaraan te gee: “Dit lyk of jy hartseer is. Wil jy my daarvan vertel?”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees