Het jy vyf minute nodig om jou kleuter en voorskoolse kind besig te hou?

Kyk  Peppa Pig (2004-nou) en haar vriende! En ons spot nie wanneer ons sê die reeks is vyf minute lank nie! “Ons het gehou van die idee van ’n dier wat snork – en dit kan net ’n vark wees,” sê die reeks se medeskepper, Neville Astley. “En een wat van modder hou. Maar dis nie net vyf minute van pret nie,” lag Neville se sakevennoot, Mark Baker. 

1. Dit neem drie animeerders langer as twee weke om een episode van die Britse animasiereeks te skep. “Maar daar is baie ander werk wat voor die tyd gedoen word. Dit neem drie maande om ’n episode te begin en te voltooi,” sê Mark.

2. Daar is tot dusver vyf seisoene met 218 episodes. Dit is 54,5 jaar se animasiewerk wat binne 13 jaar gedoen is. Gelukkig het Mark en Neville ’n groot span digitale animeerders! 

3. n Spesiale boek, Peppa Meets The Queen, is in 2012 gepubliseer om koningin Elizabeth se diamantjubileum te vier – 60 jaar op die Britse troon.

4. Peppa Pig het vir sy skeppers meer as £400 miljoen (R6 biljoen) aan inkomste verdien danksy produkte wat verkoop is.

5. Soos die meeste animasiekarakters word Peppa nie ouer nie – sy’s vier. Haar boetie George sou eers 18 maande bly, maar in seisoen 2 episode 26 was dit sy tweede verjaardagpartytjie. 

6. Wees op die uitkyk na nog ’n blaps: Peppa is linkshandig, maar sy skryf met haar regterhand.

7. Die reeks was al in die moeilikheid: Peppa se familie het in seisoen 1 en 2 nie hul sitplekgordels vasgemaak nie, en in 2014 het Gabriella Capra hulle gedagvaar. Sy is geterg, want sy het dieselfde naam as Gabriella Goat.