Ons wil nou nie pessimisties klink nie, maar dit lyk tog of ons in 2022 dalk weer baie by die huis gaan sit. As jy dit verkies om jou kleinding uit die speelskool of kleuterskool te hou, kan jy gerus in ’n program belê wat seker maak dat jou kind sonder ’n skooltjie steeds blootstelling kry aan aktiwiteite wat ontwikkeling op alle vlakke bevorder. Onthou, die eerste 1 000 dae is wanneer die fondament gelê word vir meer formele opvoeding. InHome Montessori is ’n tuisprogram wat beloof om goed te pas by jul alledaagse bestaan en wat nie vir jou stresvol is nie. Gaan na inhomemontessori.com om meer uit te vind.