book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Praat met my

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Kinders begin teen sowat drie maande oud koer en glimlag, en teen omtrent ses maande begin hulle babbel en ander lipklanke vorm. Dié babbelgeluide brei later na ander klanke uit wat gewoonlik ook meer lettergrepe insluit, sê Marinda Raubenheimer, ’n spraakterapeut van Bloemfontein.

Namate die maande aanstap, is daar ander spraakmylpale waarvoor jy op die uitkyk kan wees, sê sy. “Tussen omtrent 12 en 15 maande begin die eerste woordjies uit jou baba se mond kom. Die vakterm daarvoor is jargon en dit sluit woord in soos mamma, pappa, bal, tatta en teddie.” Soms gebeur dit dat ’n baba se spraakontwikkeling by die babbelmylpaal ophou, sê Marinda. As jy dit oplet, moet jy by ’n kundige uitkom.

“Dis ook baie belangrik dat ’n baba nie stil is nie. Vokale spel is noodsaaklik.” Babas begin teen 18 maande oud ál meer woorde gebruik. Dit moet nou vir jou begin lyk of jou baba werklik taal wil inspan om met mense te kommunikeer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees